Prof. HG (Henk) Stoker (Teologiese Skool en Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroom)

Similar documents
Oplos van kwadratiese vergelykings: die vind van die vergelyking *

Kwadratiese rye - Graad 11

Graad 12: Rye en Reekse

MATHEMATICS GRADE 10 TASK 1 INVESTIGATION Marks: 55

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

SEMESTERTOETS 1 / SEMESTER TEST 1

CAMI EDUCATION. Graad 12 Vraestel I : Rekord eksamen Punte. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word:

Eksterne eksaminator / External examiner: Dr. P Ntumba Interne eksaminatore / Internal examiners: Prof. I Broere, Prof. JE vd Berg, Dr.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

VAN / SURNAME: VOORNAME / FIRST NAMES: STUDENTENOMMER / STUDENT NUMBER: FOONNO. GEDURENDE EKSAMENPERIODE / PHONE NO. DURING EXAM PERIOD:

3. How many gadgets must he make and sell to make a profit of R1000?

EXAMINATION / EKSAMEN 17 JUNE/JUNIE 2011 AT / OM 12:00 Q1 Q2 Q3 Q4 Q5 Q6 TOTAL

EXAMINATION / EKSAMEN 19 JUNE/JUNIE 2013 AT / OM 08:00

WTW 158 : CALCULUS EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Me/Ms R Möller

November 2005 TYD/TIME: 90 min PUNTE / MARKS: 35 VAN/SURNAME: VOORNAME/FIRST NAMES: STUDENTENOMMER/STUDENT NUMBER: HANDTEKENING/SIGNATURE:

[1a] 1, 3 [1b] 1, 0 [1c] 1, 3 en / and 1, 5 [1d] 1, 0 en / and 1, 0 [1e] Geen van hierdie / None of these

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA WTW263 NUMERIESE METODES WTW263 NUMERICAL METHODS EKSAMEN / EXAMINATION

JUNE 2005 TYD/TIME: 90 min PUNTE / MARKS: 50 VAN/SURNAME: VOORNAME/FIRST NAMES: STUDENTENOMMER/STUDENT NUMBER:

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LIMPOPO DEPARTMENT OF EDUCATION- LAERSKOOL WARMBAD

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die Wonderwerke van Jesus

Question 1. The van der Waals equation of state is given by the equation: a

Huiswerk Hoofstuk 22 Elektriese velde Homework Chapter 22 Electric fields

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

HOëRSKOOL STRAND WISKUNDE NOVEMBER 2016 GRAAD 11 VRAESTEL 2

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

VAN/SURNAME: VOORNAME/FIRST NAMES: STUDENTENOMMER/STUDENT NUMBER: Totaal / Total:

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

WTW 158 : CALCULUS EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Prof NFJ van Rensburg

TW 214 TOETS 2 - VOORBEREIDING 2018 TEST 2 - PREPARATION

WTW 263 NUMERIESE METODES / NUMERICAL METHODS

EKSAMEN / EXAMINATION Q1 Q2 Q3 Q4 Q5 TOTAL. 2. No pencil work or any work in red ink will be marked.

3. (d) None of these / Geen van hierdie

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Funksies en Verwantskappe

VAN / SURNAME: VOORNAME / FIRST NAMES: STUDENTENOMMER / STUDENT NUMBER: HANDTEKENING / SIGNATURE: TELEFOON / TELEPHONE:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 6: Chemiese verandering

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 10 MATHEMATICS P3 PREPARATORY EXAMINATION 2008 NOVEMBER 2008

n Voorbeeld vir die L A TEX-pakket ORiONafr.sty

GRADE 9 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 9 - FINALE RONDTE VRAE

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

CHM 215 Eksamen / Examination

Examination Copyright reserved. Eksamen Kopiereg voorbehou. Module EBN122 Elektrisiteit en Elektronika 13 November 2009

GRADE/GRAAD 11 NOVEMBER 2018 TECHNICAL SCIENCES P1 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 MARKING GUIDELINE/NASIENRIGLYN

GRADE 11 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 11 - FINALE RONDTE VRAE

Hoofstuk 29 Magnetiese Velde a.g.v Elektriese Strome

VAN / SURNAME: VOORNAME / FIRST NAMES: STUDENTENOMMER / STUDENT NUMBER: HANDTEKENING / SIGNATURE: SEL NR / CELL NO:

a b

Graad 4 NWT-afbakening 15 November Afrika, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Asië, Europa, Australië, Antarktika

UNIVERSITY OF PRETORIA / UNIVERSITEIT VAN PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

WTW 161 : ALGEBRA. EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Dr F Theron

Eksperiment ROT: Rotation Kinematics. Experiment ROT: Rotation Kinematics

GRADE 9 - FIRST ROUND QUESTIONS GRAAD 9 - EERSTE RONDTE VRAE

Punte: Intern Marks: Internal WTW 168 : CALCULUS. EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Me / Ms R Möller

DR. J ROSSOUW Pro In9

Elektriese Stroomvloei. n Elektriese stroom bestaan uit die beweging van elektrone in n metaalgeleier.

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

GRADE 11 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 11 - FINALE RONDTE VRAE

UNIVERSITY OF PRETORIA

Generalised density function estimation using moments and the characteristic function

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

JAKKALS ROEP KURSUS JUNE 2016

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 11

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12

QUESTION/ VRAAG 1 Q# SUGGESTED ANSWER/ VOORGESTELDE ANTWOORD DESCRIPTORS/ BESKRYWERS. Frequency/ Frekwensie ( f )

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

Funksies en grafieke - Graad 10 *

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 10

KOPIEREG VOORBEHOU / COPYRIGHT RESERVED

{jcomments on}die volgende e-pos-debat het in Februarie en Maart 2013 tussen Daniel en n fisikus (wie se naam ek nie wil noem nie) plaasgevind.

Studentenommer: Student number: Volpunte: Full marks: 160 Open / closed book: Oopboek / toeboek: 21 Punt: Mark: BELANGRIK- IMPORTANT

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

Met heliese opkoms word bedoel die eerste dag wat Sirius vanaf Egipte waargeneem word om voor die son op te kom.

UNIVERSITY OF PRETORIA. Department of Chemistry. CMY 284: Organic Chemistry / Organiese Chemie FINAL EXAMINATION / FINALE EKSAMEN

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 10 GRAAD 10

LAERSKOOL EVERSDAL PRIMARY SCHOOL

Semester Test 1. Semestertoets 1. Module EIR221 Elektriese Ingenieurswese 20 Augustus Module EIR221 Electrical Engineering 20 August 2010

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

MTX221. Session 36 ENTROPY (CONTROL MASS) Sessie 36 ENTROPIE (KONTROLE MASSA) Dr. Jaco Dirker. These slides also appear on Click-UP

MEMORANDUM PHYSICAL SCIENCE/FISIESE WETENSKAPPE SEPTEMBER 2018 CW PLC COMMON PAPER 1 QUESTION A (2) 1.2 A (2) 1.3 C (2) 1.4 D (2) 1.

CMY 127 EKSAMEN / EXAMINATION

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 JUNE/JUNIE 2018 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MARKING GUIDELINE/NASIENRIGLYN

OpenStax-CNX module: m Meetkunde: Meting * basis loodregte hoogte. Figure 1. Figure 2

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 10

Question / Vraag 1: [12]

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

17 Teorie van Berekening

Universiteit Stellenbosch / Stellenbosch University Toegepaste Wiskunde / Applied Mathematics B252 Assessering 1 / Assessment 1:

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE /GRAAD10

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE WEES BLY IN DIE HERE

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 10

Government Gazette Staatskoerant

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V3 MEMORANDUM

+ + SEPTEMBER 2016 MATHEMATICS PAPER 1 / WISKUNDE VRAESTEL 1 MEMORANDUM

Algebra van die vier basiese operasies

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 10

Transcription:

Kyk ook: - Kommentaar op prof Harm Moraal se "Om God te geniet... op grond van die oorsprong van die heelal" - Aanhalings - Kosmologie - Ons unieke planeet aarde - Ons sonnestelsel is geskape - Meer oor waarskynlikhede en Hawking Die volgende artikel is oorspronklik geplaas in DIE KERKBLAD, Die Gereformeerde Kerk se nuusblad en is geskryf deur Prof. HG (Henk) Stoker van die Teologiese Skool en Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroom. ********** Die ontstaan van die heelal Prof. HG (Henk) Stoker (Teologiese Skool en Fakulteit Teologie, NWU, Potchefstroom) Julie 2014 Op die voorblad van die April 2014-uitgawe van die tydskrif Scientific America staan die woorde Cosmic Dawn (kosmiese dagbreek) groot geskrywe. Anders as n eeu of wat gelede, het daar in die afgelope eeu n merkwaardige konsensus onder wetenskaplikes ontstaan dat die heelal n begin gehad het. Die vraag waarmee dan geworstel word, is hoe en waarom die heelal begin het. Vir gelowiges is die beste verduideliking dat daar n Skepper-God is wat die heelal vir n doel 1 / 5

ontwerp het. Ateïstiese denkers wil egter die bestaan en ontstaan van die heelal uit die materie van die heelal en die wette wat daar voor geld, verklaar. Oerknal en inflasieteorie Om nie met die idee van n Skepper-God te werk nie, het denkers die afgelope tyd selfs weer begin om die konsensus wat daar was dat die heelal n begin gehad het, te bevraagteken. Stephen Hawking (een van die bekendste teenstanders van die uitgangspunt dat God die wêreld geskep het) het die eerste helfte van sy lewe spandeer om met wiskundige modelle te probeer bewys dat die oerknal ( big bang ) en die gevolglike uitdying wiskundig beskryf kan word. Wetenskaplikes is dan ook in staat om n wiskundige model saam te stel om die uitmekaarspat van die heelal vanaf omtrent n mikrosekonde ná die oerknal te kan simuleer. Die groot probleem is egter dat die beste fisiese en wiskundige teorieë (ook dié van Einstein) nie meer geldig is onder die omstandighede wat sou moes geld gedurende die eerste mikrosekonde nie. Die materie moes só dig saam gedruk gewees het dat die bekende fisiese wette nie vir die wiskundige beskrywing gebruik kan word nie. Hawking skryf: The whole universe, and everything in it, was scrunched up into a single point of indefinite density. At this point, Einstein s general theory of relativity would have broken down, so it cannot be used to predict in what manner the universe began. One is left with the origin of the universe apparently beyond the scope of science (SW Hawking: A brief history of time, New York: Bantam Books, 1998). Daarom het prof. Hawking die tweede helfte van sy akademiese werk gewy aan die daarstel van n wiskundige model om te bewys dat die oerknal nie plaasgevind het nie, want hy wou nie God as Skepper aanvaar nie. Volgens die model wat hy ontwerp het, het die heelal van altyd af in siklusse uitgesit, ingekrimp en dan weer uitgesit. Fisies sou lewe dan slegs moontlik wees tydens n langdurige uitsettingsiklus. n Spesifieke tyd vir die begin van die heelal kan dan nie bepaal word nie. In effek het hy die soeke na die rede vir die ontstaan van die heelal nie hierdeur opgelos nie, maar net miljarde jare teruggeskuif. Tog beweer Hawking ten opsigte van sy nuwe model: Ther e would be no singularities at which the laws of science broke down, and no edge of space-time at which one would have to appeal to God or some new law to set the boundary conditions for space-time. 2 / 5

In sy Februarie 2013-uitgawe stel Scientific American n lesing bekend onder die opskrif Cosmi c Inflation: Making Universe(s) from Nothing! Die heelal word met n hoofletter gespel, wat klaarblyklik die goddelike skeppingskrag van die heelal wil uitbeeld. Die volgende word dan geskryf: How was our expanding Universe created? We ll look to cosmic inflation theory for answers and food for thought. Using the astonishing fact that the total mass/energy of the Universe is zero, and its implications, we can begin to understand how cosmic inflation both creates and launches our expanding Universe out of nothing! Dit bly ook nie net by teoretiseer nie. Vandag word hier die inflasieteorie oorheers deur die soeke na elementêre boustene van materie, wat uitgaan van supersimmetrie, wat kernfisici in baie hoë energie-kernreaksies van die groot hadronversneller in Genève soek iets waarvoor deelnemende lande miljarde dollars gee in n poging om die elementêre boustene te vind in die verwagting dat die vraag waar alles vandaan kom, beantwoord sal word. Tog is daar met reg n bekommernis of selfs hierdie duur ondersoek n wetenskaplike antwoord oor die ontstaan van die heelal sal gee. Dit word gesien in die opskrif van die buiteblad van die nuutste Scientific American (Mei 2014), wat die krisis in die huidige soeke na die ontstaan van die heelal verwoord met: A crisis in Physics? If super symmetry does not pan out, scientists need a new way to explain the universe. Alles uit niks Dit is dus duidelik uit die nuutste wetenskaplike verwikkelinge dat daar hoegenaamd nie eenstemmigheid by wetenskaplikes bestaan oor die korrekte vertolking van fisiese waarnemings in die heelal en wat dit oor die ontstaan van die heelal impliseer nie. Die beste sogenaamde wetenskaplike modelle wat tans oorweeg word, is slegs net nog n menslike teorie wat na verwagting vorentoe weer sal verander. Christengelowiges moet nie te vinnig op hol raak met teorieë wat drasties van die skeppingsverhaal in die Bybel verskil nie. Al word die eerste ontstaan van dit wat ons waarneem, hoe ver teruggeskuif, bly die vraag nog waar materie en energie en die wette wat daarvoor geld, vandaan kom. Dit help ook nie regtig om die definisie van niks te verdraai na massa of energie wat in balans is en dus volgens sekere beskrywings as niks geag word nie terwyl dit duidelik iets is. Hierdie niks is nie niks 3 / 5

nie en daarom kon daar iets mee plaasvind. Selfs al sou n mens die niks as niks beskou, is die vraag hoe niks versteur kan word, kan ontplof of ontwikkel en uiteindelik n hele heelal kan skep. Die antwoord dat die proses deur natuurwette gestuur is, maak uiteindelik ook nie sin nie, want dit los nie die vraag op waar hierdie natuurwetmatighede vandaan kom as daar regtig niks is nie wette wat presies uitgewerk is om n heelal met lewe en al moontlik te maak? In plaas van n wetenskaplike beskrywing van die ontstaan van die heelal lyk dit eerder of daar by n vreemde geloof uitgekom word dat niks deur middel van niks alles daargestel het! n Kerntema van die Christelike geloof is dat die heelal nie van altyd af bestaan het nie, maar dat God die wêreld uit niks gemaak het. Dit impliseer dat elke ding sy bestaan, identiteit en doel aan God te danke het. In die debat tussen die Christenapologeet William Lane Craig en Anthony Flew (toe n prominente ateïs) gebruik Craig in sy debat die wetenskaplik aanvaarde siening dat die heelal n ontstaan het. Hy doen dit soos volg: - Iets wat n begin het, het n oorsaak. - Die heelal het n begin. - Dus het die heelal n oorsaak. Na dié debat en onder andere ook n debat met dr. Gary Habermas, het Anthony Flew van ateïsme wegbeweeg en selfs n boek daaroor gepubliseer met die titel There is a God: How The World s Most Notorious Atheist Changed His Mind. Verstaanbaarheid en doel Dat God die oorsprong van die heelal is, verklaar vir ons waarom die heelal vir die mens verstaanbaar is en die ordelikheid vir hom/haar sigbaar is; waarom daar so n duidelike ooreenstemming is tussen die redelikheid wat die mens in hom/haar ervaar en die redelikheid wat hy/sy in die heelal waarneem; waarom die mens se wiskundige denke so n logiese manier bied om die heelal te verstaan. Van die begin af het God die mens as sy medewerker gestel. Hy het die diere na Adam gebring, wat hulle moes bestudeer en daarvolgens name moes gee. So kon die mens in die wonderlike skepping van God deel, dit saam met Hom geniet en Hom verheerlik. 4 / 5

Die sondige aard van die mens besoedel ons denke, maak dat ons dinge vanuit verkeerde paradigmas wil verklaar, maar neem nie ons kindskap voor God en die wonder dat ons denkend met sy skepping besig kan wees, weg nie. Die rasionele verstaanbaarheid van die skepping vir die mens is dan ook een van die hoofoorwegings wat denkers oor eeue by die gedagte uitgebring het dat die heelal self n produk van n baie intelligente Wese moet wees. Vir God om God te wees, moet Hy self ewig en onverganklik wees en moet Hy die mag hê om die wêreld met sy materie, energie en veelkleurigheid uit niks te kan maak. Skep beteken dat God nie materie nodig het om ander materie te vorm, of energie nodig het om in ander vorms van energie oor te skakel nie. Skep beteken ook dat God potensialiteit in materie plaas. Daar is n doel, n bedoeling van die Here met alles. Sonder dat God van die begin af die potensiaal daarin geplaas het, sou geen klankgolwe of elektriese geleiding, beelduitsending, metale ensovoorts, moontlik gewees het nie. Ons as mense kan die bedoelde potensialiteit wat in materie lê, ontdek en binne gestelde grense en wetmatigheid daarmee werk. Reeds in die eerste hoofstuk van die Bybel (Gen. 1:28) lees ons dat die opdrag wat God aan die mens gee, is om die aarde te bewoon en te bewerk. God het wette en konstantes daargestel wat die mens kan ontdek en ontsluit. So word ons as mense skeppendes in die skepping van ons Skepper Hy wat hierdie heelal wat ons ken, uit niks gemaak het. 5 / 5