Elektriese Aandryfstelsels 324

Similar documents
Raamwerk. Elektriese Aandryfstelsels 324. Inleiding. Drywingselektroniese Skakelaars. Inleiding tot Drywingselektronika. Dr. P.J.

Examination Copyright reserved. Eksamen Kopiereg voorbehou. Module EBN122 Elektrisiteit en Elektronika 13 November 2009

Semester Test 1. Semestertoets 1. Module EIR221 Elektriese Ingenieurswese 20 Augustus Module EIR221 Electrical Engineering 20 August 2010

Kwadratiese rye - Graad 11

Graad 12: Rye en Reekse

Oplos van kwadratiese vergelykings: die vind van die vergelyking *

Initials & Surname / Voorletters & Van :...

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA WTW263 NUMERIESE METODES WTW263 NUMERICAL METHODS EKSAMEN / EXAMINATION

Huiswerk Hoofstuk 22 Elektriese velde Homework Chapter 22 Electric fields

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

TW 214 TOETS 2 - VOORBEREIDING 2018 TEST 2 - PREPARATION

Hoofstuk 29 Magnetiese Velde a.g.v Elektriese Strome

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

JUNE 2005 TYD/TIME: 90 min PUNTE / MARKS: 50 VAN/SURNAME: VOORNAME/FIRST NAMES: STUDENTENOMMER/STUDENT NUMBER:

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

VAN / SURNAME: VOORNAME / FIRST NAMES: STUDENTENOMMER / STUDENT NUMBER: FOONNO. GEDURENDE EKSAMENPERIODE / PHONE NO. DURING EXAM PERIOD:

Elektriese Stroomvloei. n Elektriese stroom bestaan uit die beweging van elektrone in n metaalgeleier.

VAN/SURNAME: VOORNAME/FIRST NAMES: STUDENTENOMMER/STUDENT NUMBER: Totaal / Total:

Module ELX May 2009

EXAMINATION / EKSAMEN 17 JUNE/JUNIE 2011 AT / OM 12:00 Q1 Q2 Q3 Q4 Q5 Q6 TOTAL

November 2005 TYD/TIME: 90 min PUNTE / MARKS: 35 VAN/SURNAME: VOORNAME/FIRST NAMES: STUDENTENOMMER/STUDENT NUMBER: HANDTEKENING/SIGNATURE:

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 10

Eksterne eksaminator / External examiner: Dr. P Ntumba Interne eksaminatore / Internal examiners: Prof. I Broere, Prof. JE vd Berg, Dr.

GRADE 11 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 11 - FINALE RONDTE VRAE

WTW 158 : CALCULUS EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Me/Ms R Möller

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MATHEMATICS GRADE 10 TASK 1 INVESTIGATION Marks: 55

3. (d) None of these / Geen van hierdie

[1a] 1, 3 [1b] 1, 0 [1c] 1, 3 en / and 1, 5 [1d] 1, 0 en / and 1, 0 [1e] Geen van hierdie / None of these

WTW 263 NUMERIESE METODES / NUMERICAL METHODS

Question 1. The van der Waals equation of state is given by the equation: a

CAMI EDUCATION. Graad 12 Vraestel I : Rekord eksamen Punte. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word:

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

EKSAMEN / EXAMINATION Q1 Q2 Q3 Q4 Q5 TOTAL. 2. No pencil work or any work in red ink will be marked.

EXAMINATION / EKSAMEN 19 JUNE/JUNIE 2013 AT / OM 08:00

GRADE/GRAAD 11 NOVEMBER 2018 TECHNICAL SCIENCES P1 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 MARKING GUIDELINE/NASIENRIGLYN

Funksies en Verwantskappe

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12

VAN / SURNAME: VOORNAME / FIRST NAMES: STUDENTENOMMER / STUDENT NUMBER: HANDTEKENING / SIGNATURE: TELEFOON / TELEPHONE:

Huiswerk Hoofstuk 23 Chapter 23 Homework

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LIMPOPO DEPARTMENT OF EDUCATION- LAERSKOOL WARMBAD

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

SEMESTERTOETS 1 / SEMESTER TEST 1

HOëRSKOOL STRAND WISKUNDE NOVEMBER 2016 GRAAD 11 VRAESTEL 2

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12

GRADE 9 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 9 - FINALE RONDTE VRAE

Studentenommer: Student number: Volpunte: Full marks: 160 Open / closed book: Oopboek / toeboek: 21 Punt: Mark: BELANGRIK- IMPORTANT

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 11

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 10

a b

MEMORANDUM PHYSICAL SCIENCE/FISIESE WETENSKAPPE SEPTEMBER 2018 CW PLC COMMON PAPER 1 QUESTION A (2) 1.2 A (2) 1.3 C (2) 1.4 D (2) 1.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Generalised density function estimation using moments and the characteristic function

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

GRADE 11 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 11 - FINALE RONDTE VRAE

UNIVERSITY OF PRETORIA

Eksperiment ROT: Rotation Kinematics. Experiment ROT: Rotation Kinematics

ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

3. How many gadgets must he make and sell to make a profit of R1000?

Eksamen Invulvraestel Kopiereg voorbehou. Exam Fill in paper Copyright reserved. Linear Systems ELI November 2010

GRADE/GRAAD 11 NOVEMBER 2018

WTW 158 : CALCULUS EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Prof NFJ van Rensburg

GRADE 9 - FIRST ROUND QUESTIONS GRAAD 9 - EERSTE RONDTE VRAE

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 10 MATHEMATICS P3 PREPARATORY EXAMINATION 2008 NOVEMBER 2008

Universiteit Stellenbosch / Stellenbosch University Toegepaste Wiskunde / Applied Mathematics B252 Assessering 1 / Assessment 1:

VAN / SURNAME: VOORNAME / FIRST NAMES: STUDENTENOMMER / STUDENT NUMBER: HANDTEKENING / SIGNATURE: SEL NR / CELL NO:

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 JUNE/JUNIE 2018 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MARKING GUIDELINE/NASIENRIGLYN

Funksies en grafieke - Graad 10 *

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

y =3x2 y 2 x 5 siny x y =6xy2 5x 4 siny

Die Wonderwerke van Jesus

CHM 215 Eksamen / Examination

PHYSICAL SCIENCES P1 (PHYSICS) FISIESE WETENSKAPPE V1 (FISIKA)

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 11

JAKKALS ROEP KURSUS JUNE 2016

Eksamen Invulvraestel Kopiereg voorbehou. Examination Fill in paper Copyright reserved. Vakkursus ERS November 2008

17 Teorie van Berekening

+ + SEPTEMBER 2016 MATHEMATICS PAPER 1 / WISKUNDE VRAESTEL 1 MEMORANDUM

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V3 MEMORANDUM

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT


Punte: Intern Marks: Internal WTW 168 : CALCULUS. EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Me / Ms R Möller

WTW 161 : ALGEBRA. EKSAMEN / EXAMINATION Eksterne eksaminator / External examiner: Dr F Theron

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 GRAAD 12

IDEMPOTENTE VOORTBRINGERS VAN MATRIKSALGEBRAS. Magdaleen Marais

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

OpenStax-CNX module: m Meetkunde: Meting * basis loodregte hoogte. Figure 1. Figure 2

CMY 127 EKSAMEN / EXAMINATION

Question / Vraag 1: [12]

DR. J ROSSOUW Pro In9

n Voorbeeld vir die L A TEX-pakket ORiONafr.sty

Semester Test 1 Semestertoets 1 FSK March 2011 / 16 Maart Time 2½ hours Max. Total 85 Marks Max Tyd 2½ ure Maks. Totaal 85 punte Maks

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12

Graad 4 NWT-afbakening 15 November Afrika, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Asië, Europa, Australië, Antarktika

GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 TECHNICAL SCIENCES P2 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 MARKING GUIDELINE/NASIENRIGLYN

UNIVERSITY OF PRETORIA / UNIVERSITEIT VAN PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12

Transcription:

Elektriese Aandryfstelsels 324 Inleiding tot Drywingselektronika Dr. P.J. Randewijk Universiteit Stellenbosch Dep. Elektriese & Elektroniese Ingenieurswese Aanvullende Notas 1 / 105

Raamwerk 1 Inleiding 2 Drywingselektroniese Komponente 3 Lineêre Omsetter 4 Geskakelde Drywingselektroniese Omsetter 5 Vier-kwadrant Werking 6 Een-kwadrant GS-GS Omsetter 7 Twee-kwadrant GS-GS Omsetter 8 Vier-kwadrant GS-GS Omsetter 9 Verliese in die halfgeleier skakelaars 10 Verliese in die borsels 11 Puls Wydte Modulasie (PWM) 12 Servobeheerder 13 Vier-kwadrant GS-WS Omsetters 14 Driefase GS na WS Omsetters 15 Uitkomste vir Drywingselektronika 2 / 105

Inleiding Drywingselektronika is die gebruik van elektronika om die vloei van drywing/energie te beheer Dit het meestal te doen met die omsetting van n spanning van een waarde na n ander... Vir hierdie vak stel ons slegs belang in hoe drywingselektronika gebruik kan word om die spoed (en/of draaimoment) van n elektriese masjien te beheer n Drywingselektroniese omsetter word ook gewoonlik n vaste toestand omsetter genoem, aangesien dit geen bewegende dele het nie Ons gaan slegs drywingselektroniese omsetters en die hoof drywingselektroniese komponente waaruit hulle bestaan vanaf n stelsel vlak bespreek 3 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars n Drywingselektroniese omsetter bestaan uit verskillende drywingselektroniese halfgeleier komponente Ons gaan slegs na die volgende komponente / drywingselektroniese skakelaars kyk: diode tiristor of silikon beheerde gelykrigter (SBG) TRIAK (kan ook uit twee anti-parallelle tiristors opgebou word) hek afskakelbare tiristor ( GTO in Engels) bipolêre drywingstransistor ( BJT in Engels) metaal oksied halfgeleier veldeffek transistor ( MOSFET in Engels) geïsoleerde hek bipolêre transistor ( IGBT in Engels) Al hierdie drywingselektroniese komponent word gewoonlik as silikon skakelaars bedryf 4 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Dit impliseer dat hulle slegs in een van twee state bedryf word, óf: AAN lyk soos n toe skakelaar, óf AF lyk soos n oop skakelaar Drywingselektroniese skakelaars word verdeel in twee hoof kategorieë: lyn-kommuteerende skakelaars en geforseerde-kommuterende skakelaars Lyn-kommuteerende skakelaars Die diode kan slegs stroom in een rigting gelei, van A K Skakel AAN wanneer voorgespan, v AK > 0,7 V Skakel AF wanneer die stroom deur die diode, i AK, deur nul gaan Anode (A) v AK i AK Cathode (K) 5 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Die tiristor kan slegs stroom in een rigting gelei, van A K Skakel AAN wanneer voorgespan, v AK > 1 V en n sein aan die Hek aangelê word Skakel AF wanneer die stroom deur die tiristor, i AK, deur nul gaan Anode (A) i AK Gate (G) Cathode (K) Terminal 1 Die triak kan stroom in beide rigtings van T1 T2 gelei Bestaan basies uit twee tiristors in Gate (G) i 12 anti-parallel gekoppel Elke tiristor sal: Terminal 2 AAN skakel wanneer voorgespan en n sein aan die Hek aangelê word AF skakel wanneer die stroom deur die tiristor deur nul gaan 6 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Geforseerde-kommuterende skakelaars Anode (A) Die hek afskakelbare tiristor ( GTO ) kan slegs stroom in een rigting gelei, i AK van A K Gate (G) Skakel AAN wanneer voorgespan, Cathode (K) v AK > 1 V en n sein aan die Hek aangelê word Skakel AF wanneer die stroom deur die tiristor, i AK, deur nul gaan of n negatiewe stroom puls aan die Hek aangelê word ( 1 5 tot 1 3 van die hoof I AK stroom) Die bipolêre transistor ( BJT ) kan slegs stroom in een rigting gelei, van C E Base (B) Collector (C) Emitter (E) i CE 7 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Skakel AAN wanneer n positiewe stroom in die Basis vloei (die Basis stroom moet tussen 1 10 en 1 5 van die Kollektor stroom wees ten einde te verseker dat die transistor AAN is) Skakel AF wanneer die Basis stroom verwyder word Drain (D) Die MOSFET kan stroom in beide rigtings gelei, i.e. van D S Skakel AAN wanneer a positiewe Gate (G) spanning ( 15 V) aan die Hek verbind word Skakel AF wanneer die Hek spanning verwyder word en die lading gestoor in die C GS kapasitor ontlaai het I D Source (K) Die IGBT kan stroom slegs in een rigting gelei, van C E Skakel AAN wanneer a positiewe spanning ( 15 V) aan die Hek verbind word I CE 8 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Skakel AF wanneer die Hek spanning verwyder word en die lading gestoor in die C GS kapasitor ontlaai het Keuse van drywingselektroniese skakelaar Die keuse van watter drywingselektroniese skakelaar om te gebruik, hang af van: Die drywingsvermoë van die skakelaar i.t.v. die spannings & stroomvermoë Die spoed (frekwensie) waarteen die skakelaar AAN en AF moet skakel Op die volgende skyfie word die verskillende tipe drywingselektroniese skakelaars en hulle toepassing getoon met die skakel spoed op die x as en die drywingsvermoë op die y as 9 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) ELECTRIC CAR HV. DC. UPS MOTOR CONTROL 100M 10M ROBOT, WELDING MACHINE 1M AUTOMOBILE CAPACITY (VA) 100K THY- RISTOR GTO SWITCHING-MODE POWER SUPPLY 10K 1K WASHING MACHINE TRANSISTOR MODULES IGBTMOD MODULES MOSFET MOD VCR, POWER SUPPLY FOR AUDIO 100 TRIAC AIR CONDITIONER REFRIGERATOR MICROWAVE OVEN TRI-MOD IGBT-MOD 10 10 100 1K OPERATION FREQUENCY (Hz) 10K DISCRETE MOSFET 100K 10M 10 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Ideale Skakelaar Gedrag Wanneer n drywingselektroniese skakelaar AF geskakel word, lyk dit dit soos n gewone skakelaar wat OOP is Alhoewel die spanning oor die skakelaar enige waarde kan hê, sal die AF stroom deur die skakelaar nul wees. Gevolglik is die drywingsverlies in die skakelaar ook nul. V off =? I off = 0 Wanneer n drywingselektroniese skakelaar AAN geskakel word, lyk dit soos n normale skakelaar wat TOE is Alhoewel die stroom deur die skakelaar enige waarde kan hê, sal die AAN spanning oor die skakelaar nul wees. Gevolglik is die drywingsverlies in die skakelaar weereens nul. V on = 0 I on =? 11 / 105

Drywingselektroniese Skakelaars (vervolg... ) Nie-ideale Skakelaar gedrag Die AF gedrag van n Nie-ideale Skakelaar is presies dieselfde as vir n Ideale Skakelaar Die AAN gedrag verander na gelang van die tipe skakelaar Vir diodes, tiristors, transistors en IGBTs, is die AAN spanning nie nul nie, maar gewoonlik darem kleiner as 1 V Vir MOSFETs, hang die AAN spanning af van die Drain Source AAN weerstand gemaal met die stroom deur die MOSFET V on I on =? V on = r DS I on I on =? 12 / 105

Lineêre Omsetter Lineêre spanningsreguleerder V Q I Q V s = 100 V V o = 25 V Die spanningsval oor die transistor, Q, is gelyk aan: V Q = V s V o En die drywingsverliese in die transistor, Q, is gelyk aan: P Q = V Q I Q 13 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder V Q I o V s = 100 V V o = 25 V Die skakelaar skakel nou periodies teen n dienssiklus, D = 25% Die gemiddelde uittree spanning, V o, word nou gegee deur: V o = D V s Die skakelaar kan ook drywingselektroniese halfgeleier skakelaar wees, bv. n IGBT 14 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder v o V s T V o t aan t af Dit beteken dat die gemiddelde uittree spanning V o = 25 V (dieselfde as vir die lineêre reguleerder) ook met n intree spanning van V s = 100 V... Die groot verskil is egter dat die drywingsverliese in die skakelaar is nou zero is... Wat beteken dat P in = P uit... 15 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder V Q v L I o V s = 100 V L V o = 25 V Meestal is so n uittree golfvorm nie aanvaarbaar nie... Gevolglik word n filter induktor in serie met die las geskakel om die lasstroom konstant te hou... Sowel as n filter kapasitor in parallel oor die las geskakel om die lasspanning konstant te hou... 16 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder Stroom deur n induktor kan egter nie oombliklik verander nie... v L = L di dt Dit beteken dat sodra die skakelaar AF skakel, die spanning oor die induktor gaan neig na om die energie gestoor in die induktor te probeer ontlaai ontlaai... A.g.v. die hoë spanning wat ontstaan oor die induktor, ontlaai die induktor gewoonlik deurdat die lug iewers ioniseer en deurbreek as n vonk... 17 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder V Q v L I o V s = 100 V L V o = 25 V n Vryloopdiode ( free wheeling diode ) los egter die probleem opaangesien dit n stroom pad skep terwyl die skakelaar AF is... Vir die doel van ons analise kan die diode ook as n skakelaar beskou word wat beteken dat die verliese in die diode ook weglaatbaar klein is... 18 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder v R T V o t aan t af Die spanningsgolfvorm oor die las L.W. Die spanning oor die las is sal suiwer GS wees indien n baie groot L-C filter gebruik word... 19 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder v Q V s T t aan t af Die spanningsgolfvorm oor die skakelaar L.W. Die spanning oor die skakelaar is 0 V as die skakelaar AAN is. 20 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder v D V s T V o t aan t af Die spanningsgolfvorm oor die diode L.W. Die spanning oor die diode is 0 V as die diode gelei is. Die spanning oor die diode is gelyk aan die spanning oor die las voor dat daar n L-C filter was... 21 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder v L T V s V o V o t aan t af Die spanningsgolfvorm oor die induktor Kan eenvoudig met Kirchhoff bepaal word: v L (t) = v D (t) v o (t) 22 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder i L I L T i L t aan t af Die stroomgolfvorm deur die induktor Met die skakelperiode, T, as tydkonstante van die induktor, τ = L R kan ons die effek van R ignoreer... 23 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper (vervolg... ) Ook, indien ons aanvaar dat v L aan en v L af konstant bly oor die skakelperiode en met: v L (t) = L di L dt volg dat: ttaan t di L = v L(t)dt L di L = 1 L i L (t t aan) i L (t) = v L aan L ttaan t = v L aan L ttaan t taan v L (t)dt dt 24 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper (vervolg... ) of alternatiewelike i L = v L aan t aan L = v L aan D T L (Vs Vo)DT = L (1) (2) (3) met i L die verandering in i L Of in terme van v L af : i L = v L af t af L = v L af (1 D) T L (Vo)(1 D)T = L 25 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder i Q I L T I L I Q t aan t af Die stroomgolfvorm deur die skakelaar (IGBT) 26 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder i D I L I D T i L t aan t af Die stroomgolfvorm deur die diode 27 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper i L t aan t af n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder i L T Die stroomgolfvorm deur die filter kapasitor 28 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper Periodiese Skakeling Die drywingselektroniese skakelaar(s) skakel periodies AAN & AF sodat vir enige spanning of stroom enige plek in die stroombaan, die volgende geld sodra die stroombaan in sy bestendige toestand is: v x (t T ) = v x (t) i x (t T ) = i x (t) en 29 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper (vervolg... ) Vanaf die differensiaalvergelykings vir n kapasitor: i C (t) = C d dt v C(t) v C (t) = 1 i C (t)dt C v C (t 0 T ) = v C (t 0 ) 1 C T t 0 i C (t)dt Wat impliseer dat: 1 T i C (t)dt = 0 C t 0 Of anders gestel, dat die gemiddelde stroom deur n kapasitor is zero. 30 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper (vervolg... ) Vanaf die differensiaalvergelykings vir n induktor: v L (t) = L d dt i L(t) i L (t) = 1 v L (t)dt L i L (t 0 T ) = i L (t 0 ) 1 L T t 0 v L (t)dt Wat impliseer dat: 1 T v L (t)dt = 0 L t 0 Of anders gestel, dat die gemiddelde spanning oor n induktor is zero. 31 / 105

Eenvoudige GS GS Kapper n Eenvoudige geskakelde spanningsreguleerder v L T V s V o A 1 V o t aan t af A 2 Die volt sekondes oor n induktor is gelyk aan zero. (V s V o ) D T = V o (1 D) T V o = D V s 32 / 105

Vier-kwadrant Werking Vier-kwadrante Werking van n GS Masjien Met ω m positief en T m positief lewer die masjien meganiese drywing en werk dit as n motor dit staan as die 1 ste kwadrant bekend Met ω m positief en T m negatief absorbeer die masjien meganiese drywing en werk dit as n generator dit staan as die 4 de kwadrant bekend Met ω m negatief en T m negatief lewer die masjien meganiese drywing en werk dit as n motor dit staan as die 3 de kwadrant bekend Met ω m negatief en T m positief absorbeer die masjien meganiese drywing en werk dit as n generator dit staan as die 2 de kwadrant bekend 33 / 105

Benaderings... Vir die analise van kapper bane met n induktor, n weerstand & n Teen-EMK in serie: Aanvaar ons dat: die R L tydkonstante baie as die skakelperiode, T = 1 f s stroom veranderlineêr i.e. het n saagtand form... die rimpelstroom, I A, is baie klein die spanning oor die ankerweerstand V RA V RA = I A R A is konstant 34 / 105

Een-kwadrant GS-GS Omsetter Een-kwadrant GS-GS Omsetter vir GS-motor beheer Q 1 V s C T 1 D 1 A 1 I A L A R A E A T 2 A 2 Vir lae spanning word daar gewoonlik van MOSFETs gebruik gemaak. 35 / 105

Een-kwadrant GS-GS Omsetter Een-kwadrant GS-GS Omsetter vir GS-motor beheer Q 1 V s C T 1 D 1 A 1 I A L A R A E A T 2 A 2 Vir hoë spanning en/of drywing, word daar gewoonlik van IGBTs gebruik gemaak. 36 / 105

Een-kwadrant GS-GS Omsetter Een-kwadrant GS-GS Omsetter vir GS-motor beheer I Q1 Q 1 V s C I D1 T 1 D 1 A 1 I A L A R A E A T 2 A 2 Dit maak nie saak watter soort drywingselektroniese skakelaar gebruik word ten einde die stroombaan te analiseer nie 37 / 105

Een-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Al wat belangrik is om te onthou is dat die skakelaar en die diode: (vir enkel-kwadrant werking) net stroom in EEN rigting gelei... (vir kontinue stroom) komplementêr werk... Kirchhoff se knooppunt stroomwette (KCL) nog steeds geld... en i Q1 (t) i D1 (t) = i LA (t) I Q1 I D1 = I A 38 / 105

Een-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Kirchhoff se spanningslus wette (KVL) nog steeds geld... en of te wel v D1 (t) v LA (t) v RA (t) E A = 0 V D1 V LA V RA E A = 0 V T V RA E A = 0 39 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Een-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 V s C T 1 D 1 A 1 I A L A R A E A T 2 A 2 Die GS-motor ken net in een rigting loop. 40 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Ten einde die rigting van rotasie om te ruil moet: óf die veld óf die ankerterminale m.b.v. n meganiese skakelaar omgeruil word. Verder om die motor te rem sal daar van meganiese remme gebruik gemaak moet word, aangesien die rigting van die stroom en gevolglik die rigting van die draaimoment nie kan verander nie. L.W. Drywingselektroniese skakelaars (met spesifieke verwysing na transistors & IGBTs) kan net stroom in een rigting gelei. 41 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Twee-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 D 1 V s C T 1 A 1 I A L A R A Q 2 D 2 E A T 2 A 2 42 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) M.b.v. n twee-kwadrant omsetter kan die stroom deur die GS-motor nou negatief raak ten einde die motor elektries te rem... n Negatiewe stroom veroorsaak n negatiewe draaimoment en die GS-motor werk nou as n GS-generator n Twee-kwadrant GS-GS omsetter is eintlik n kombinasie van n afkapper en n opkapper... 43 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Twee-Kwadrant GS-GS Omsetter I Q1 D 1 V s C T 1 A 1 I A L A R A Q 2 I D2 E A T 2 A 2 Q 1 en Q 2 word komplimentêr geskakel, i.e. Q 1 is AAN vir D 100% van die tyd en Q 2 is AAN vir (1 D) 100% van die tyd 44 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Met D V s > E A, sal die stroom, I A, positief wees (soos getoon) Slegs Q 1 en D 2 sal stroom gelei... Die GS-motor werk nou in die 1 ste kwadrant (as n motor) aangesien: die uittree spanning positief is, en die uittree stroom ook positief is 45 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Twee-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 I D1 V s C T 1 A 1 I A L A R A I Q2 D 2 E A T 2 A 2 46 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Met D V s < E A, sal die stroom, I A, negatief wees (soos getoon) Slegs Q 2 en D 1 sal stroom gelei... Die GS-motor werk nou in die 4 de kwadrant (as n generator) aangesien: die uittree spanning positief is, en die uittree stroom nou negatief is 47 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Twee-Kwadrant GS-GS Omsetter Met Q 1 en Q 2 wat komplimentêr skakel, sal die gemiddelde uittree spanning van die twee-kwadrant GS-GS omsetter soos tussen terminale T 1 & T 2 gemeet: V t = D V s (21.21 ) Die gemiddelde ankerstroom van die GS-motor, I A, kan dus as volg bereken word: I A = V t E A R A (21.23 ) Dus met V t > E A werk die GS-motor in die 1 ste kwadrant (as n motor), en met V t < E A werk die GS-motor in die 4 de kwadrant (as n generator) 48 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Twee-Kwadrant GS-GS Omsetter I Q1 D 1 V s C T 1 A 1 I A L A R A Q 2 I D2 E A T 2 A 2 49 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Kirchhoff se Stroom (Knooppunt) Wet geld nog steeds, sodat: I Q1 I D2 = I A met: I Q1 = D I A en I D2 = (1 D) I A 50 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Eerste Kwadrant werking Q 1 D 1 V RA V LA V s C T 1 A 1 R A L A Q 2 D 2 V t I A E A T 2 A 2 51 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Kirchhoff se Spannings (Lus) Wet geld óók nog steeds, sodat: met: V t V RA V LA V A = 0 V t = D V s, V RA = I A R A V LA = 0 en 52 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Vierde Kwadrant werking Q 1 I D1 V s C T 1 A 1 I A L A R A I Q2 D 2 E A T 2 A 2 53 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Kirchhoff se Stroom (Knooppunt) Wet geld nog steeds, sodat: met: I A = I Q2 I D1 I Q2 = (1 D) I A en I D1 = D I A 54 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Vierde Kwadrant werking Q 1 D 1 V RA V LA V s C T 1 A 1 R A L A Q 2 D 2 V t I A E A T 2 A 2 55 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Kirchhoff se Spannings (Lus) Wet geld óók nog steeds, sodat: met: E A V LA V RA V t = 0 V LA = 0, V RA = I A R A en V t = D V s 56 / 105

Voorbeeld Voorbeeld I Vir die voorbeeld is: die GS-busspanning, V s = 100 V die skakelfrekwensie, f = 5 khz die dienssikklus, D = 0,2 die ankerweerstand, R A = 2 Ω die ankerinduktansie, L A = 10 mh die GS-motor se teen-emk, E A = 30 V Gevolglik is: Die gemiddelde uittreespanning van die GS GS omsetter, V t = D V s = 20 V Die ankerstroom, I A = E A V t R A = 5 A Die GS-motor werk dus in die 4 de kwadrant Ten einde die stroomrimpel uit te werk, word die stroombaan (in sy bestendige toestand) geanaliseer 57 / 105

Voorbeeld (vervolg... ) Dus wanneer D 1 gelei, i.e. AAN is, in die DT tyd (omdat die stroom negatief is): v LA DT = L A I A t I A = L A DT I A f = L A D I A = V L A DT D L A f = (V s I A R A E A )D L A f 80 0,2 = 10 10 3 5 10 3 = 320 ma 58 / 105

Voorbeeld (vervolg... ) en wanneer Q 2 gelei, i.e. AAN is, in die (1 D)T tyd (omdat die stroom negatief is) v LA (1D)T = L A I A t I A = L A (1 D)T I A f = L A (1 D) V LA (1D)T (1 D) I A = L A f = (I AR A E A )(1 D) L A f 20 0,8 = 10 10 3 5 10 3 = 320 ma 59 / 105

Voorbeeld (vervolg... ) Voorbeeld II Vir die voorbeeld verander ons net: Die dienssikklus, D = 0,6 Gevolglik is: Die GS-busspanning, V s = 100 V Die dienssikklus, D = 0,6 Die gemiddelde uittreespanning van die GS-GS omsetter, V t = 60 V Met GS-motor se Teen-EMK, E A = 30 V Volg dat die ankerstroom, I A = 15 A Die GS-motor werk dus in die 1 ste kwadrant Dus sal Q 1 gelei, i.e. AAN wees, in die DT tyd en D 2 in die (1 D)T tyd 60 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter Twee-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 D 1 V s C T 1 A 1 I A L A R A Q 2 D 2 E A T 2 A 2 Die GS-motor ken net in een rigting loop, aangesien die uittree spanninging van die die omsetter slegs tussen 0 & V s kan varieer. 61 / 105

Twee-kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Die motor kan egter elektries gerem word, aangesien die stroom rigting deur die motor (EN) omsetter kan omruil. Dit gebeur indien die gemiddelde uittree spanning van die omsetter, V T, laer is as die Teen-EMK, E A, van die motor is. Met I o negatief volg dit dat T o ook negatief sal wees. Ten einde die rigting van rotasie om te ruil moet óf die veld of die ankerterminale m.b.v. n meganiese skakelaar omgeruil word. 62 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 D 1 Q 3 D 3 V s C T 1 A 1 R A L A E A A 2 T 2 I A Q 2 D 2 Q 4 D 4 M.b.v. n vier-kwadrant GS-GS omsetter kan die stroom deur die GS-motor negatief raak ten einde die motor elektries te rem... EN die spanning oor die GS-motor kan negatief raak ten einde die rigting van rotasie van die motor om te ruil 63 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 Q 3 V s C T 1 A 1 R A L A E A A 2 T 2 I A Q 2 Q 4 Q 1 en Q 4 word saam AAN geskakel vir D 100 % van die tyd, en Q 2 en Q 3 word saam AAN geskakel vir (1 D) 100 % van die tyd 64 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 Q 3 V s C T 1 A 1 R A L A E A A 2 T 2 I A Q 2 Q 4 Met Q 1 en Q 4 AAN in die D T tyd en 65 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Q 1 Q 3 V s C T 1 A 1 R A L A E A A 2 T 2 I A Q 2 Q 4 met Q 2 en Q 3 AAN in die (1 D) T tyd 66 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Gemiddelde uittree spanning van n Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter By terminaal T 1 gemeet: V T1 By terminaal T 2 gemeet: = D V s V T1 Tussen T 1 en T 2 gemeet: = (1 D) V s V T1 T 2 = D V s (1 D) V s Dus met: = (2D 1) V s D = 100 % V T1 T 2 = V s D = 50 % V T1 T 2 = 0 D = 0 % V T1 T 2 = V s 67 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter Ongeag of IGBTs of MOSFETs gebruik word, sal die bestendig toestand stroombaan, vir motor werking in die 1 ste kwadrant as volg daar uitsien: V T T 1 R A I A I A ω m τ m E A T 2 68 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) vir generator or rem werking in die 2 de kwadrant as volg daar uitsien: T 1 R A I A V T I A ω m τ m E A T 2 vir motor werking in die 3 de kwadrant as volg daar uitsien: T 1 R A I A V T I A ω m τ m E A T 2 69 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) vir generator or rem werking in die 4 de kwadrant as volg daar uitsien: T 1 R A I A V T I A ω m τ m E A T 2 Met die gemiddelde klemspanning tussen T1 en T2, slegs n funksie van D & V s : V T = D V s (1 D) V s 70 / 105

Vier-Kwadrant GS-GS Omsetter (vervolg... ) n Vier-Kwadrant GS-GS omsetter is dus jou ideale servo versterker : T load v ref v err Gc(s) v c 4 th Quad. DC/DC V t 1 i a T K mech m R a sl a 1 B m sj m ω m v fb E a K m K fb s 71 / 105

Nie-ideale gedrag Verliese in die halfgeleier skakelaars Skakelverliese ignoreer... Geleidingsverliese diodes, transistors & IGBTs kan net stroom in een rigting gelei al is hulle HARD AAN geskakel, is die spanning óór hulle nie nul nie, maar gelyk aan n sogenaamde AAN spanning... Anode (A) v AK i AK Cathode (K) I A v CE I CE 72 / 105

Nie-ideale gedrag (vervolg... ) die geidingsverliese (afhangende van die stroomrigting) kan dus as volg bereken word: P D = (1 D) I A v AK AAN of P Q = D I A v CE AAN 73 / 105

Nie-ideale gedrag (vervolg... ) MOSFETS kan stroom in beide rigtings gelei al is hulle HARD AAN geskakel, is die spanning óór hulle ook nie nul nie, maar gelyk aan die produk van die stroom wat deur hulle vloei en hulle n sogenaamde AAN weerstand... Drain (D) Gate (G) I D Source (K) die geidingsverliese kan dus as volg bereken word: P Q = D I A 2 rds AAN 74 / 105

Uittree Spanning (V T ) met IGBTs Vir n vier-kwadrant omsetter wat van IGBTs gebruik maak, lyk die stroombaan in die: AAN tyd, of D T tyd, as volg, met die stroomrigting soos aangedui, V s I A vce T 1 T 2 v T AAN I A I A vce die IGBTs gelei nou en die klem spanning vir die D T tyd kan as volg bereken word: v T AAN = V s 2 v CE 75 / 105

Uittree Spanning (V T ) met IGBTs (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van IGBTs gebruik maak, lyk die stroombaan in die: AF tyd of (1 D) T tyd, as volg, met die stroomrigting soos aangedui, T 1 V s v T AF I A T 2 vak I A vak I A die diodes gelei nou en die klem spanning vir die (1 D) T tyd kan as volg bereken word: v T AF = (V s 2 v AK ) 76 / 105

Uittree Spanning (V T ) met IGBTs (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van IGBTs gebruik maak, kan die stroombaan ook in die: AAN tyd of D T tyd, as volg daar uitsien, met die stroomrigting soos aangedui, V s I A vak T 1 T 2 v T AAN I A I A vak die diodes gelei nou en die klem spanning vir die D T tyd kan as volg bereken word: v T AAN = V s 2 v AK 77 / 105

Uittree Spanning (V T ) met IGBTs (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van IGBTs gebruik maak, kan die stroombaan in die: AF tyd of (1 D) T tyd, ook as volg daar uitsien, met die stroomrigting soos aangedui, T 1 V s v T AF I A T 2 vce I A vce I A die IGBTs gelei nou en die klem spanning vir die (1 D) T tyd kan as volg bereken word: v T AF = (V s 2 v CE ) 78 / 105

Uittree Spanning (V T ) met MOSFETs Vir n vier-kwadrant omsetter wat van MOSFETs gebruik maak, lyk die stroombaan in die: AAN tyd of D T tyd, as volg, met die stroomrigting soos aangedui I A r DS I A V s T 1 T 2 v T AAN I A I A r DS I A Die MOSFETs gelei en die klem spanning vir die D T tyd kan as volg bereken word: v T AAN = V s 2 r DS I A 79 / 105

Uittree Spanning (V T ) met MOSFETs (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van MOSFETs gebruik maak, lyk die stroombaan in die AF tyd of (1 D) T tyd, as volg, met die stroomrigting soos aangedui: V T 1 s I A r DS I A v T AF I A I A T 2 r DS I A Die MOSFETs gelei en die klem spanning vir die (1 D) T tyd kan as volg bereken word: v T AF = (V s 2 r DS I A ) 80 / 105

Uittree Spanning (V T ) met MOSFETs (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van MOSFETs gebruik maak, kan die stroombaan in die AAN tyd of D T tyd, ook as volg daar uitsien, met die stroomrigting soos aangedui: I A r DS I A V s T 1 T 2 v T AAN I A I A r DS I A Die MOSFETs gelei en die klem spanning vir die D T tyd kan as volg bereken word: v T AAN = V s 2 r DS I A 81 / 105

Uittree Spanning (V T ) met MOSFETs (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van MOSFETs gebruik maak, kan die stroombaan in die AF tyd of (1 D) T tyd, ook as volg daar uitsien, met die stroomrigting soos aangedui: V T 1 s I A r DS I A v T AF I A I A T 2 r DS I A Die MOSFETs gelei en die klem spanning vir die (1 D) T tyd kan as volg bereken word: v T AF = (V s 2 r DS I A ) 82 / 105

I A met Borsel Verliese Indien die borselspannings, V b van die GS-masjien ook in ag geneem word, sal dit nie die gemiddelde klemspanning oor die motor nie, maar slegs die gemiddelde stroom deur die motor beïnvloed, T 1 V b R A I A V T I A E A ω m τ m met: 2 V b V T = D v T AAN (1 D) v T AF I A = V T E A 2 V b R A 83 / 105

Rimpelstroom Vir n vier-kwadrant omsetter wat van IGBTs gebruik maak, lyk die volledige stroombaan in die: AAN tyd of D T tyd, as volg, met die stroomrigting soos aangedui, vce V s I A T 1 A 1 V b R AI A v L A E A V b A 2 T 2 I A vce I A die IGBTs gelei nou en die spanning oor L A vir die AAN tyd kan volg bereken word: v LA AAN = V s 2 v CE 2 V b R A I A E A 84 / 105

Rimpelstroom (vervolg... ) Vir n vier-kwadrant omsetter wat van IGBTs gebruik maak, lyk die volledige stroombaan in die: AF tyd of (1 D) T tyd, as volg, met die stroomrigting soos aangedui, vak T 1 A 1 V V b s R A I A v L A E A V b A 2 I A T 2 vak I A I A Die diodes gelei nou en die spanning oor L A vir die AF tyd kan volg bereken word: v LA AF = V s 2 v AK 2 V b R A I A E A 85 / 105

Rimpelstroom (vervolg... ) Die stroom rimpel I o sal nou om I A varieer. Die stroom rimpel kan as volg uitgewerk word: netso: I A AAN = v L A AAN T L = v L A AAN D T L I A AF = v L A AF (1 D) T L 86 / 105

Rimpelstroom (vervolg... ) Vir die bestendige toestand, sal: I A AAN = I A AF = I o en V LA = D v LA AAN (1 D) v LA AF = 0 87 / 105

Puls Wydte Modulasie (PWM) Fitzgerald et al Hfst 10.3.2 Puls Wydte Modulasie (PWM) Word vermag met n Puls Wydte Modulator Dit bestaan uit n dra-golf ( carrier wave ), gewoonlik in die vorm van n saagtands- of driehoeksgolf... Inligting/modulasie-sein wat die dienssiklus verwysings sein is... D out v carr v mod i.e. 25 % Diensiklus 88 / 105

Puls Wydte Modulasie (PWM) (vervolg... ) D out v carr mod i.e. 75 % Diensiklus 89 / 105

Servobeheerder GS servomotor beheer Die verband tussen die verwysingsein en die dienssiklus is lineêr. Die verband tussen die dienssiklus en die uittreespanning is ook lineêr. n Vierkwadrant Pulse Wydte Gemoduleerde GS-GS omsetter, of Servo Versterker kan dus as n suiwer aanwins, sê, K PWM gemodelleer word, met 1 f s La R a Jm B m. T load v ref v err Gc(s) v c 4 th Quad. DC/DC V t 1 i a T K mech m R a sl a 1 B m sj m ω m v fb E a K m K fb s 90 / 105

Vier-kwadrant GS-WS Omsetters Fitzgerald et al Hfst 10.3 GS na 1φ WS Omsetter Q 1 D 1 Q 3 D 3 E s C T1 ± E s T2 Q 2 D 2 Q 4 D 4 Aangesien beide die uittree spanning en stroom van n vier-kwadrant GS-GS omsetter positief of negatief kan wees, kan n vier-kwadrant GS-GS omsetter dus gebruik word as n GS na 1φ WS omsetter... 91 / 105

Vier-kwadrant GS-WS Omsetters (vervolg... ) n Sinusvormige uittree word verkry deur die inligtings/modulasie-sein sinusvormig te varieer teen die verlangde uittree frekwensie, met die dra-golf frekwensie wat konstant bly. 92 / 105

Vier-kwadrant GS-WS Omsetters (vervolg... ) Ten einde die harmoniek inhoud van die uittree te minimeer, word n driehoek vormige dra-golf verkies bo n saagtand vormige dra-golf. Sien ook Fitzgerald et al Fig 10.47 93 / 105

Driefase GS na WS Omsetters Fitzgerald et al Hfst 10.3.3 GS na 3φ WS Omsetters V s C U V W n GS na 3φ WS omsetter met V s die GS intree en U, V & W die 3φ uittree terminale. Sien Fitzgerald et al Fig 10.48 94 / 105

Driefase GS na WS Omsetters (vervolg... ) E UV E U E V E W 95 / 105

Digitale Beheerders Die dspic30f4011/4012 van Microchip PTPER stel die teller se periode PTMR is waar die teller se waarde gestoor word PTCON beheer hoe die teller gaan tel, net op (saagtand-golf) of op-en-af (driehoeksgolf) en oor hoeveel dooietyd daar benodig word PDC1 is n diens-siklus vir fase A en beheer die PWM1H/PWM1L uittrees PDC2 is n diens-siklus vir fase B en beheer die PWM2H/PWM2L uittrees PDC3 is n diens-siklus vir fase C en beheer die PWM3H/PWM3L uittrees 96 / 105

Digitale Beheerders Die dspic30f4011/4012 van Microchip PTPER PTMR PTCON PDC1 PDC2 PDC3 stel die teller se periode is waar die teller se waarde gestoor word beheer hoe die teller gaan tel, net op (saagtand-golf) of op-en-af (driehoeksgolf) en oor hoeveel dooietyd daar benodig word is n diens-siklus vir fase A en beheer die PWM1H/PWM1L uittrees is n diens-siklus vir fase B en beheer die PWM2H/PWM2L uittrees is n diens-siklus vir fase C en beheer die PWM3H/PWM3L uittrees 97 / 105

Verstelbare Spoed Drywe (VSDs) Fitzgerald et al Hfst 11.2 & 11.3 Verstelbare Spoed Dryf (VSDs) In vorige lesings het ons al gekyk na: Drywingselektroniese beheer van driefase induksiemasjiene Volts-per-Hertz beheer van n driefase induksiemasjien Draaimoment-Spoed kenkrommes vir V/Hz beheer Regeneratiewe/Dinamiese Remming m.b.v. V/Hz beheer Die ding / black box wat hiervoor gebruik word, staan bekend as n Verstelbare Spoed Dryf of Variable Speed Drive of VSD vir kort. die hart van n VSD is n GS na 3φ WS Omsetter 98 / 105

Verstelbare Spoed Drywe (VSDs) (vervolg... ) B.g. is die skematiese blokdiagram van n Danfoss VLT R FC302 AutomationDrive 99 / 105

Verstelbare Spoed Drywe (VSDs) (vervolg... ) (i) (ii) (iii) B 1 L 1 L 2 L 3 C B 2 U V W n VSD bestaan uit die volgende basiese dele: (i) Driefase (unidireksionele) gelykrigter (ii) Rem-kapper (iii) GS na 3φ WS (bidireksionele) omsetter 100 / 105

Verstelbare Spoed Drywe (VSDs) (vervolg... ) Fitzgerald et al Hfst 11.2.2 & 11.3.2 (Veld georienteerde) Draaimoment Beheer Verskillende gevorderde beheertegnieke bestaan waarmee die spoed en/of draaimoment van n driefase induksiemotor beheer kan word Al hierdie beheertegnieke pas basiese vektor beheer toe en word in die dq-vlak gedoen sien Bylaag C 101 / 105

Verstelbare Spoed Drywe (VSDs) (vervolg... ) = Interver Mains ~ 3~ Motor Rectifier U DC T C Basis VVC plus f s f Ramp f Motormodel I 0 θ0 Voltage vector generator (no load) θl U L f U θ xy ab f U θ Switching logic I SX0 I SY0 f Load compensator θ U comp p PWM-ASIC Slip compensation I SX I SY xy ab 2 3 I u Iv Iw Fig. 2.34 Basis of VVC plus control 102 / 105

Uitkomste vir die lesing Jy moet nou die volgende oor drywingselektronika verstaan: weet hoe werk n diode vanuit n stelsels vlak. weet wat die verskil tussen die volgende drywingselektroniese skakelaars is: MOSFET IGBT weet wat die voordeel van n drywingselektroniese omsetter is in vergelyking met n lineêre omsetter... weet hoe werk n (enkel-kwadrant) afkapper. weet hoe hoe die golfvorms in n afkapper lyk, met spesifieke verwysing na die spanning óór en stroom déúr elke skakelaar die spanning óór en stroom déúr elke diode die spanning óór en stroom déúr die (anker-) induktor 103 / 105

Uitkomste vir die lesing (vervolg... ) weet hoe spoedbeheer m.b.v. n enkel-kwadrant afkapper d.m.v. klemspanningsbeheer gedoen kan word. weet wat met die kwadrante van werking bedoel word. vir n gegewe kwadrant, weet of die GS-masjien as n motor of generator werk. weet hoe werk n twee-kwadrant GS-GS omsetter weet hoe hoe die golfvorms in n twee-kwadrant GS-GS omsetter lyk, met spesifieke verwysing na die spanning óór en stroom déúr elke skakelaar die spanning óór en stroom déúr elke diode die spanning óór en stroom déúr die (anker-) induktor weet hoe spoed-/rembeheer m.b.v. n twee-kwadrant GS-GS omsetter gedoen kan word. weet hoe werk n vier-kwadrant GS-GS omsetter weet hoe hoe die golfvorms in n vier-kwadrant GS-GS omsetter lyk, met spesifieke verwysing na die spanning óór en stroom déúr elke skakelaar 104 / 105

Uitkomste vir die lesing (vervolg... ) die spanning óór en stroom déúr elke diode die spanning óór en stroom déúr die (anker-) induktor weet hoe spoed-/rembeheer m.b.v. n vier-kwadrant GS-GS omsetter gedoen kan word. weet hoe om die gemiddelde strome & spannings vir GS-aandryfstelsel uit te werk. weet hoe om die geleidingsverliese in n twee-kwadrant GS-GS omsetter uit te werk. weet hoe om die gemiddelde strome & spannings vir GS-aandryfstelsel uit te werk indien die AAN spannings of AAN weerstand van die IGBTs of MOSFETs in ag geneem word. 105 / 105